Vinige Melktert


Kors:
1 koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
sout (knypie)
1/4 koppie botter
1/4 koppie suiker
1 eier

Maak aan soos slap koek en meng bietjie melk by tot regte dikte (dit moet smeerbaar wees, maar nie loperig).  Smeer met lepel in die panne – nie te dik nie.

Vulsel:
2 eetlepels meelblom (hoog opgehoop)
3 eetlepels mielieblom (maizena) (hoog opgehoop)
sout
2 geskeide eiers (gele en witte apart geklits)
6 eetlepels suiker (nie nodig indien kondensmelk gebruik word nie)
2 eetlepels botter
vanilla
6 koppies melk of 1 blik kondensmelk gemeng met 4 blikke water

Metode:
Kook melk in dik boom pot en voeg botter by.
Meng res van bestandele soos vla en voeg by melk.
Kook tot gaar.
Vou styfgeklopte eierwit in.
Skep taamlik dik in kors en bak +/- 20 minute by 180 grade Celsius.
Strooi kaneel oor.

* Ek het nog net die kondensmelk variasie gebruik so ek weet nie hoe proe die melk en suiker variasie nie.  By die vulsel gebruik ek ook 2 van die blikkeis water om die res van die bestandele te meng anders maak dit klonte.

* Ek het ook al gevind dat ek nie al die kors se deeg gebruik as ek dit aanmaak nie want daar is net ‘n bietjie te veel.  As die kors dik is maak dit die tert baie droog, maar dit is “volgens smaak

Hierdie is ‘n vriendin se resep met haar notas, dit is baie lekker.

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.