Semel-karringmelk beskuit


Lewer ongeveer 4 dosyn.

1,5 kg bruismeel   2 eiers
10 ml bakpoeier   500 ml karringmelk
2 ml sout   300 ml kookolie
500 ml suiker    
300g All-Bran ontbytvlokkies    
375g (400 ml) botter of margarien by kamertemperatuur    
     

Voorverhit oond tot 180 grade Celsius. Smeer 3 broodpanne (23x13x7cm).

Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot skottel.

Voeg die suiker en All-Bran by en meng.

Sny die botter of margaren in stukkies en vryf met vingerpunte in die meelmengsel in tot heeltemal gemeng.

Klits die eiers en karringmelk saam. Voeg die kookolie by en meng goed.

Voeg die eier-karringmelk-olie mengsel by die meelmengsel en roer met houtlepel tot goed gemeng.

Knie die deeg effens.

Verdeel die deeg tussen die 3 panne en druk met ‘n spaan plat.

Bak die beskuit vir 50-60 minute op middelste oondrak.

Laat beskuit effens afkoel (in broodpanne) en sny in blokke of stukke (nog steeds in broodpanne)

Haal stukke met vurk uit, plaas dit in ‘n oondpan en droog dit oornag in ‘n koel oond (ongeveer 70 grade Celsius) uit.

Bewaar beskuit in ‘n digte houer.

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.