Makaronie en kaas


Kookwater
Knp Sout
1 t margerine
3 Eiers
2 Kp Gerasperde kaas
½ pk makeronie
2 kp Melk
Peper
¼ t Sout
1 t Mostertpoeier
1 Ryp tamatie

Dompel gebreekte makaronie in kokende water warby sout en margerine gevoeg is.
Kook vinnig so 15-20 minute. Kan ook in die Mikrogolf gaar maak.
Meng nou intussen eiers, sout, peper, mostert, melk en helfte van die kaas in ‘n diep mengbak.
As Makaronie gaar is, spoel dadelik af in kouewater. Gooi al die water af.
Klits die eiermengsel baie goed.
Plaas Makaronie in ‘n groot vuurvaste bak ( giet-yster of glas)
Gooi eiermengels bo-op en gooi die res van die gerasperde kaas bo-oor.
Rangskik tamatieskywe netjies bo-op.
Bak sonder deksel op in ‘n matige oond. 180 C ( 350F) vir so 30 min. tot gaar en mooi bruin.
Neem sowat ‘n uur. Bedien 2-4 persone.
‘n Laag brood krummels bo –oor is ook lekker.

Variasies: Voeg gaar gesnipperde spek of Maalvleis.

Beproef en aangepas van Kook en Geniet

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.