Gemmerpatats


6 middelslag-patats 1 eetlepel botter 3 ryp piesangs 1 koppie kookwater 15 gemmer- koekies

Was pa- tats skoon en kook sag met skil en al. Skil af en sny in skyfies van 1 cm dik. Skil piesangs en sny in skyfies. Rol gemmerkoekies fyn.

Rangskik patats, piesangs en gemmerkoekies om die beurt in gesmeerde bakskottel.

Skep klontjies botter bo-op en giet kookwater oor.

Sit deksel op en bak 25 minute in ‘n warm oond teen 180C. Haal die deksel af en laat bruin word. Romerige aartappels 6 medium aartappels 2 tamaties, geskil en gekap 15 ml varsgekapte pietersielie 50 g cheddarkaas, gerasper 300 g sampioene in skywe gesny ‘n knypie sout 250 ml room 125 ml melk 1 pakkie hoenderroomsop

Skil gaar aartappels en sny in dik skywe. Rangskik aartappelskywe, sampioene en tamaties in lae in ‘n bak. Strooi sout en pietersielie oor.

Maak sop aan met melk. Voeg sopmengsel en room by. Strooi kaas oor.

Bak vir ongeveer ‘n halfuur teen 140 C tot gestol. Die resep is lekker romerig, maar nie souserig nie.

Huisgenoot Wenresepte

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.