Kerrievis (Ingelegde)


1. Kerrievis (Ingelegde Vis), Kook en Geniet,Klik asseblief op prentjies vir groter beeld.  Ons het Ina Paarman se resep vir Pickled Fish gebruik.
Ons het Snapper vis gebruikOns het Lourier blare i.p.v Suurlemoen blare gebruik.Ons het ook ‘n handvol rosyntjies bygevoeg.Ons het Wit wyn asyn gebruik.

Tokeloshe.

2. Pickled Fish  Pragtige fotos en resep hier.

3. Pickled Fish with Lots of Onions  – Ina Paarman

4. Trail Rider route 42
Lewer 4 – 6 porsies
1 kg stokvisstukke
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) koekmeelblom
2 ekstragroot eiers, geklits
125 ml (½ k) kookolie
Kerrie-sous
3 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ k) bruinasyn
60 ml (¼ k) water
45 ml (3 eetl) suiker
5 ml (1 t) borrie
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ml fyn paprika
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

1. Plaas visstukke in ’n bak. Indien bevrore vis gebruik word, laat ongeveer 30 minute staan om effens te ontvries. Meng geurmiddels met meel. Rol vis in die gegeurde meel.

2. Verhit ’n braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eier en plaas direk in die warm olie. Braai vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant of tot goudbruin. Verwyder uit olie en dreineer.

3. Sous: Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute.

4. Plaas die helfte van vis op bodem van ’n diep opdienbak. Giet die helfte van uiemengsel oor. Herhaal met vis en sous en plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek.

Bediening

Bedien die vis met hotcross buns, broodrolletjies of selfs kapokaartappels.

Variasies

• Vervang die stokvis deur kabeljou of enige ander vis van jou keuse. Die filette kan in enige groottes of vorms gesny word.

• Kruie van jou keuse kan ook bygevoeg word.

• Speserye soos koljander en komyn kan ook gebruik word.

Gebruik van vis

As jy baie vis gevang het, is dit ’n gulde geleentheid om sommer baie in te lê en te bottel vir latere gebruik. Dit is verkieslik om vars, wit vis wat ferm is te gebruik, maar bevrore vis maak net sulke lekker kerrievis.

As bevrore vis gebruik word, gebruik van ’n bevrore stadium, ontdooi net effens. Ek vind altyd as bevrore vis heeltemal ontdooi word, is dit pap en die vis hou nie werklik sy vorm so goed nie. Daarby word dit ook meer waterig.

Maak van kerrievis

• Wanneer die kerrievis gemaak word, proe die sous en besluit self of dit nog asyn, sout of suiker benodig. Dit kan aangepas word na persoonlike smaak. Die sous kan ook effens verdik word met ’n pasta van die meelblom waarin die vis gerol is. Dit sal egter nie so lank hou soos sonder die meel nie.

• Die idee met kerrievis is om lae vis in ’n bak te sit en dan die sous oor te gooi. Dit word dan herhaal met nog vis en nog sous.

• Nadat die vis gemaak en afgekoel is, bedek en plaas in die yskas. Ná 2 of 3 dae is dit werklik smaaklik en gereed om te geniet.

• Lourierblare en peperkorrels dra by tot die besonderse smaak van die kerriesous. Lourierblare word gebruik in geregte of souse wat gewoonlik gekook word. Dit blare word verwyder voor opdiening.

• Geniet die kerrievis verkieslik koud uit die yskas.

Trail Rider route 42

Tokeloshe ©

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.