Van Ellewee


Ons Van Ellewee Familie Boom

Betekenis: Onbekende pleknaam.

Stamouers

Johannes VAN ELLEWEE van Amsterdam. Hy was die koster vir Stellenbosch tot 1724 en daarna was hy hoofbode. Hy trou 7 November 1718 met Maria DU PLESSIS sy was die vierde kind van die du Plessis stamouers.

KINDERS
b1 Anna gedoop 10 Aug 1721, X 2 Okt 1740 Johan Bernhard Deele
b2 Johannes Henricus gedoop 18 Jul 1723, X 26 Maart 1747 Anna Catharina Biesel weduwee van Michiel Daniel Schrick, XX 11 Apr 1751 Catharina Johanna Willemse
b3 Maria, X 19 Des 1741 Charl du Plessis
b4 Johanna gedoop 2 Maart 1727, X 8 Okt 1747 Carel Christoffel Rykvoet
b5 Hendrik Rudolf gedoop 24 Feb 1729, X 7 Des 1749 Elizabeth Catharina Esterhuyzen
b6 Sophia Rosina gedoop 9 Jul 1730
b7 Sophia gedoop 28 Jun 1732

Bronne:
Heese en Lombard

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

Bronnne:

Ou Kaapse Families A-J

Skakels:

Leaving their mark: names recorded on the walls of the Heerenlogement Cave.

Die Burger artikel van 23.2.1991
Bron:   Roean Van Ellewee ©

Geld min vir skip se herwinning

FOTO: S/W HET VERSKYN Stadsverslaggewer AGTTIEN huidige Suid-Afrikaanse families stam af van die Hugenote wat aan boord van die Oosterland was, die skip waarvan die wrak in Tafelbaai naby die kus van Milnerton gevind is. Geld vir die herwinningsprojek het nou skraps geword, het dr. Bruno Werz, hoof van die Maritieme Argeologiese Navorsingsgroep van die Departement van Argeologie aan die Universiteit van Kaapstad, gesê. Minstens R200000 is nodig, anders kan die werk nie voort gaan nie. Voorsate van die families De Klerk, Naudé, De Villiers, Meyer, Van Leeuwen, Ehlers, Theron, Cronjé, Snyman, Oberholzer, Du Buis, Du Plessis, Biermann, Warnecke, Nortjé, Viljoen, Van Ellewee en Denys was op die skip. Die voorsate van hierdie families het almal op 25 April 1688 in die tweede groep van 29 Hugenote, met die Oosterland in die Kaap aangekom. Dit was op die Oosterland se tweede vaart. Die skip was in 1685 gebou. Op sy vierde vaart het hy met sy volle vrag op 24 Mei 1697 in ‘n noordwesterstorm vergaan. Waardevolle voorwerpe, waar onder twee kanonne van brons is reeds uitgehaal. Die kanonne is nou in die Maritieme Museum in die ou Tafelbaaise hawe. Mnr. Nick Malherbe, wat in 1988 ‘n leidende rol met die Hugenote 300-fees vervul het, het ‘n beroep gedoen om bydraes. Lede van bogenoemde families, afstammelinge van die Hugenote wat op die Oosterland was, kan R50 of meer per tjek bydra tot die “Projek Oosterland.” Hulle sal dan ‘n Hugenote-medalje ontvang, het hy gesê. Die adres waarheen die skenkings gestuur moet word, is Hugenote Erfenis, Posbus 167, Stellenbosch. Die Hugenote-vereniging van Suid-Afrika stel baie belang in die skip en sy skatte, het mnr. Malherbe gesê.

argeologie geskiedenis families skepe

My Ouma ©
Pieteriza Cilliers Van Ellewee. (7.10.01- 7.7.1992)
Circa 1920
Ek het heelwat fotos, negatiewe, dokumente en aandenkings van haar.

My Ouma Pieteriza Cilliers (7.10.01- 7.7.1992) se Doop Seël.
Getuies: Willem J. van Zyl and Petronella J. van Ellewee (ouma se suster en har toekomstige man. .

Van Ellewee portret
Klik op die foto vir meer informasie.

Daniel Truter  Van Ellewee (30.10.1894 -1980) en my Ouma Pieteriza Cilliers Van Ellewee. (7.10.01- 7.7.1992)
Vanaf Negatief. ©

 Familie portrette uit my plak-boek. ©

Van ZYL Johanna P. M., Nèe VAN ELLEWEE 1905-1983
Vrystaat, Suid Afrika, FRANKFORT, Hoof Begrafplaas,
Bygedra deur: Stoffel Willemse
Bron:  eGGSA 

Sien groep foto bo.
Johanna Petronella Maria van Ellewee gebore 19.8.1905 Van Rhynsdorp, Kaap, Suid Afrika. Doop 30/1/1906 Vanrhynsdorp.
Bron: TRUTER FAMILY REGISTER (Truter familie register) by Margaret Ellen Truter. (Doop Rekord)
Bron: Theunis Kruger (Jakins) Ancestry.com 

Ek het ‘n poskaart van haar af.

Haar noemnaam was (Magritha). Sy het met Pieter van Zyl getrou Circa 1925 in die Kaap, Suid-Afrika. Hulle kinders was Kosie (Moontlik Jakobus) Chrissie (Moontlik Christina Philippina Margareta) Piet (Moontlik Petrus) en Fanie (Moontlik Stephanus) hy het verdrink toe hy omtrent 10 jaar oud was.
Bron: My Ouma Pieteriza Cilliers Van Ellewee. (7.10.01- 7.7.1992) dit was haar suster.

Van Ellewee, Johanna Petronella Nèe Jourdaan
1822-1888
Weskaap, PIKETBERG, Suid Afrika Historiese Begrafplaas
Bron: eGGSA  bygedra deur Lizette Svoboda
Notas:  My Oupa Grootjie Stephanus Petrus (C.1850- Circa 1927) se pa was Pieter Cilliers VAN ELLEWEE (23 FEB 1819- 31 OCT 18690) hy was getroud met  Petronella Johanna JORDAAN ( Geb. 15 DEC 1821)
Bron:  Johann Grobler
Kan dit haar graf wees?

Klik asseblief op die foto vir nog van Roean Van Ellewee se pragtige familie fotos. ©
Ek dink ons is vêrlangs familie.

Roean het vir my toestemming gegee om sy fotos te gebruik in ‘n plakboek.
Klik asseblief op die foto vir nog.
Dankie Roean

As enige iemand meer informasie het sal ek graag van U wil hoor.
Los asseblief komentaar hier.

2 comments

  1. Hi Linda my ouma en jou ouma was susters, kontak my asseblief as jy wil of kan en as jy hierdie boodskap kry. Baie dankie. Marie van Zyl Nothnagel

    Like

    • Liewe Marie,

      Dit is wonderlike nuus!
      Ek het jou gekontak en kan nie wag om van jou af te hoor nie, ons het so baie om oor te praat.
      Groete,
      Linda.

      Like

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.