Boerewors


Gebaseer op die Kook en Geniet resep.

5 kg     Beesvleis   1 E     Peper 4/5 k Asyn
1 kg     Varkvleis   2 ½ E Fyn koljander 50 ml Worcter-
1 ½ kg Varkspek   1 E     Fyn kruienaeltjies. Chiresous
4 E       Sout   1 3/4 E Wonderpeper. 1 ½ t fyn neut
Derms

 Maal die beesvleis en varkvlies en meng dit.
Sny die spek in stukke so groot soos dobbelsteentjies en voeg dit by die vleis.
Meng die speserye en sout goed en strooi dit oor die vleis.
 Werk dit goed deur en voeg die asyn en Worsershiresous by. Laat dit een uur staan.
Knie dit dan weer goed deur en stop groot goed skoongemaakte derms daarmee.

Notas:
Ons maal heel koljander fyn in ‘n vysel en braai dit daarna liggies.
Wonderpeper is “All Spice” in Engels.
Die Kook en Geniet resep het nie Wostershiresous in nie.
Hulle noem die derms “Casings” hier. Jy kry dit in drie diktes, ons stop met die grootste.
Ons gebruik die kleintijes vir droë wors. Moenie varkspek in die droëwors sit nie, dit word galsig.
Ons koop sommer baie “Casings”, want dit vries goed. Ons was dit eers uit, wat dit ook oop rek, om makliker aan die tuitjie te sit. 
 Ons het al die mengsel oornag laat staan.