Click here for English.
My belangstelling in Genealogie het begin met my Pa, wat onderhoude met my ouma in die ouetehuis oor haar familie gevoer het, voordat sy oorlede is. My ouma het ‘n ongelooflike geheue gehad en het baie fotos, dokumente, negatiewe en aandenkings bewaar wat my Pa vir my gegee het.
Pictures from the past. (Fotos uit die verlede.)
Klik op die foto vir meer informasie.
Ek skandeer die oorspronklike fotos in kleur, al is dit in swart en wit, dan bêre ek ‘n kopië waarmee ek werk op my rekenaar.
Ek werk nooit met die oorspronklike fotos nie.
My Pa het noukeurige aantekeninge gehou, waarvan ek afskrifte gemaak het.
Ek bêre die fotos kronologies in argief veilige foto-albums, met soveel inligting as wat ek het.
Ek gebruik die 4 W en 2 H om fotos te identifiseer: Wie, wat, waar, wanneer, hoekom en hoe.
Klik op die foto vir meer van Ouma se kaartjies.
Party fotos het geen inligting gehad nie, wat my met sommige ongeïdentifiseerde fotos gelaat het. Ek het hulle op Facebook groepe geplaas en goeie terugvoering gehad.
Ek gebruik ‘n K and Company-SMASH Collection-Pen en Glue Stick-Black, wat argief veilig is om op die agterkante te skryf.
Ek het nog ‘n goeie manier gevind om fotos aan die agterkant te merk, deur die byskrifte op argief veilige papier op die rekenaar te druk, uit te knip en dan op die agterkant te plak met ‘n argief veilige gom-stafie.
My Ouma grootjie.
Christina (Chrissie) Philipina Magrieta Truter.
20.10.1861-8.12.1945
Circa 1880.
Die negatief is 3″ x 2″.
Dit is die oudste negatief wat ek het, dit is gerestoureer en gekleur deur die Facebook group
Restoring and Coloring Old Family Pictures.
Ek het gerestoureerde afskrifte laat druk, hulle is in dieselfde albums, met notas dat dit afskrifte is.
As daar inligting agter op die foto was, het ek dit ook geskandeer.
Oorspronklike fotos en afskrifte in ‘n album, ek druk ‘n kopië van die plakboek uitleg wat ek gemaak het en voeg dit by die fotos.
Ek het ‘n paar van hierdie fotos in my ” At the Beach “ uitleg gebruik.
Oorspronklike fotos en afskrifte in ‘n album met ‘n foto van my ” Family Gathering “uitleg.
Sedert ek hierdie fotos geneem het, het ek 4 ″ x 6 ″ foto-papiere agter die klein fotos ingeskuif om te voorkom dat dit uitglip. Ek het ook aantekeninge oor die fotos geskryf.
Ek het ‘n afskrif van die foto in ‘n skets verander en nommers bygevoeg, om die mense in ‘Family Gathering ‘ te identifiseer.
Ek bêre klein fotos in “Trading Card sleeves”.
Ek het ook probleme gehad met die druk van klein vierkantige fotos, aangesien dit afgesny is, as gevolg van die verhouding. Sommige Kodak Picture Kiosks het ‘n volledige foto-opsie, maar u moet dit kies.
Negatiewe.
Ek het die meeste fotos en negatiewe met ‘n Epson Perfection 1260 Flatbed geskandeer, wat my eerste skandeerder was en ‘n 35 mm-opsie vir skyfies en negatiewe het, maar Windows ondersteun ongelukkig nie meer die skyfies opsie nie. Ek gebruik nou ‘n Epson WF 3620.
Die geskandeerde items is op eksterne harde-skywe en op die internet.
Negatief afgeneem op my ligkas.
Die kamera is onderstebo op ‘n driepoot gemonteer bokant die lig-kas. U kan die plaat aan die einde van die middelste kolom uit skroef en die buis uitskuif, omgekeer en van onder af deurvoer. Ek gebruik ‘n afstand beheer sodat ek nie verblind word deur die lig van die buise nie. Die negatiewe word na positief verander in Photoshop.
Digitizing Negatives Without A Scanner, Using A Digital Camera
Kodak Kiosks kan negatiewe skandeer.
Ek druk die belangrikste dokumente, stam-bome en inligting uit en liasseer dit.
My etikette is in Engels omdat my familie Engels is.
Ek gebruik gratis aanlyn stam-bome soos Geni.com en ek behoort aan heelwat Facebook-groepe en bladsye van Genealogie. Sien Suid-Afrikaanse Genealogie-skakels.
Deur navorsing het ek baie interessante dinge ontdek wat ek nie geweet het nie. Daar is soveel stories. Ek dink nie my ma het haar ma se regte name geken nie. Nadat ek my ouma se regte name ontdek het, kon ek die gesinne na die voorvaders opspoor. Ek kon selfs meer fotos van haar en haar gesin aanlyn vind. Daar is ook hartseer geskiedenis oor oorloë, konsentrasie-kampe, krygs-gevangenes-kampe, die dood van broers en susters, ens. Ons grootouers het nooit hieroor gepraat nie omdat dit te pynlik was. Ons moet die goeie en die slegte versamel voordat dit te laat is. Alles en nog baie meer is deur navorsing ontdek
Ek het privaat Facebook-groepe vir die gesinne, waarmee ek fotos en inligting deel. My seun is ook admin. Ek het fotos en inligting deur hierdie groepe ontvang.
Ek het ‘n gratis privaat blog by WordPress, waarvan my seun ook admin is. Ek het die meeste van my fotos, dokumente en inligting in hierdie blog geplaas. Dit is deur-soek-baar en ‘n groot hulp.
My plak-boeke.
Ek gebruik Pinterest vir my Genealogie skakels.
Handige skakels
South African Genealogy Links.
Beautiful! I loved your photos, but, unfortunately, I could not understand the language
LikeLiked by 1 person
Thank you, I’m glad you like it. Here is the English translation.
I also have a translation button on my Blog’s side-bar.
LikeLiked by 1 person
You are right! I have located it
Sorry for not having noticed it earlier🙏🙏🙏
LikeLiked by 1 person
💞
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die skakel na hierdie wonderlike inskrywing. Jy hou regtig jou voorgeslag se name in ere! Jou oumagrootjie was ‘n pragtige nooientjie.
LikeLike
Dit is ‘n plesier, ek moes eintlik daarna verwys het in die pos The Strangers in the Box.
Ek is bly jy kan dit handig vind, laat my weet hoe dit gaan.💞
Ek was baie bevooreg om die aandenkings te kry, die afskrifte wat ek laat druk is ook motiferend vir my stokperdjie.
Dankie, die foto van my Oumagrootjie is seker een van my geliefkoosdes. Die Facebook groep warvan ek praat, het die foto pragtig gerestoreer en gekleur en ek het dit ook al gebruik.
LikeLiked by 1 person