Newfoundland


Picture 071

Ons het Newfoundland toe gegaan vir ons seun se troue, ons was sowat ‘n week daar.Die weer was baie lekker, behalwe vir die dag van die troue, het ons mis en reën gehad. Dit het wel gemaak vir interesante fotos.

Picture 070

Dit was lekker om almal weer te sien, almal het ons verwelkom met heerlike kos, meestal Newfoundland kos wat lekker is. Ons het in ‘n oulike B & B in Torbay, ‘n kus dorpie naby St. Johns gebly, wat uitkyk op die see. Ons het somige oggende Walvissse vanaf die ontbyt tafel gesien, maar hulle was ongelukkig ‘n bietjie vêr om af te neem.

Picture 007

Dit was lekker om die bekende plekke soos Signal Hill, die Gabbot, Quidi Vidi village, Conception Bay, Portugal cove, Flat-rock, Petty harbor en Cape Spear weer te sien.

Picture 070

Ons het ook weer ‘n gedeelte van “The Irish Loop” gedoen en ons was gelukkig om ‘n pragtige ysberg in Witless Bay te sien.

bell-island 113
Ons het verby klein vissers-dorpies gery en weer Bell Island besoek met die ferrie, waar ons “chimney stacks”, ‘n lug-toring,mooi natuur-skoon en seë-voels gesien het. Van daar het ons nog ysberge gesien, maar hulle was ongelukkig ‘n bietjie vêr.

Picture 043

‘n Ander dag was ons Cape St Mary’s ecological reserve, daar is ‘n lugtoring, een van die grootste seë-voel kolonies in die wêreld, met Gannets, Kittiwakes, Murres, pragtige natuur-skoon en selfs skape. Ons het ook ‘n paar Gannet kleintjies en ‘n Arend gesien.

Die troue het goed gegaan ten spyte van die mis en ‘n bietjie reën, die bruid was pragtig, die bruidegom “dashing”, die kos was baie goed, die koek wat hulle self gebak en versier het was pragtig en lekker. Die musiek, dekor en toe-sprake was goed. Hulle het met ‘n “Jive” geopen wat ek geniet het. Almal was vriendelik en het ons tuis laat voel.

kunstler-copy

I would ❤️ to hear from you.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.